Jo Black – 11 Maart
R200.00
Kom geniet Jo Black se vertoning op Saterdag, 11 Maart om 19:00 by die NG Kerk Hartbeespoort om ons 50 jarige bestaan te vier! Die hekke is oop vanaf 16:00. Kom kry ‘n plekkie op die stoele of bring jou eie piekniekkombers.
‘n Verskeidenheid stalletjies is beskikbaar waar heerlike eetgoed en yskoue drinkgoed te koop is. GEEN eie eet-en drinkgoed word toegelaat nie. Ondersteun asb die gemeenskap. Kaartfasiliteite, Snapscan en Zapper is beskikbaar. Daar is ongelukkig geen kontantverkope nie.
Kaartjiepryse:
- R200 per persoon.
- Laerskoolkinders: Laerskool kinders vergesel deur ouers is gratis.
- Slegs ‘n beperkte hoeveelheid kaartjies is beskikbaar.
Koop vandag jou KAARTJIE om nie hierdie geleentheid mis te loop nie.
473 in stock