Bedieninge
Aanbidding, lofprysing en klankbediening
Hierdie bediening bestaan uit ‘n groep voorsangers en instrumentaliste wat die lofprysing en aanbidding tydens die erediens lei. Verskeie instrumente soos die orrel, klavier, klawerbord, viole, fluite en ghitare word gebruik om aan te pas by die liedere wat gesing word. Die keuse van liedere en instrumente moet ‘n atmosfeer van ware, gewyde lof en aanbidding skep as voorbereiding vir die woordverkondiging.
Die groep kom elke Donderdagaand om 19:00 bymekaar, waar daar eers om die Woord gekuier word, voordat daar oorgegaan word om die liedere in te oefen. Die groep is slegs instrumente in God se hande om deur die gebruik van hulle besondere talente, dit op so ‘n wyse te doen, dat elke lidmaat daarby aanklank sal vind en deur die saamsing die ware doel van lofprysing en aanbidding nl, om God te verheerlik, beleef sal word.
Die klankbediening is verantwoordelik vir die hantering van die klank en beeld tydens eredienste en ander kerkfunksies soos troues en begrafnisse. Die bediening vra tegniese vaardighede van sy deelnemers en rekenaarkennis is noodsaaklik. Goeie konsentrasie en die vermoë om stres te kan hanteer, is ook baie nodig.
Daar is veral nog mense nodig wat gedurende werksure kan help met kerkfunksies, aangesien die meeste van die span voltyds werk.
Hanlie Dames


Deernis
Hierdie bediening het ten doel om as verlengstuk van die pastorale bediening te dien. Hierdie is ‘n groep omgeelidmate wat medelidmate in nood help versorg.
Hulle vervang nie die pastorale bediening nie, maar werk aanvullend daartoe mee om lidmate wat trauma of siekte of watter nood ookal beleef het, op ‘n baie besondere manier te bedien deur bloot daar te wees om te bemoedig en te ondersteun.
Gerty Badenhorst
Eiendomme
Hierdie bediening beplan, versorg en vermoderniseer op ‘n konstante basis al die eiendomme van die gemeente. Hierdie bediening bly ook op hoogte van die behoeftes van die gemeente rakende fasiliteite en probeer om sover moontlik in al hierdie behoeftes te voorsien.
Francois Vermaak


Erediensbedienaars
Die bediening is gerig op praktiese dienswerk. Dit behels die insameling van die dankoffers tydens die eredienste, die tel van gemeentelede en die organisering en bediening van die Nagmaal.
Lukas Breedt en Gerhard van den Berg
Finansbediening
Hierdie bediening bestaan uit lidmate wat kundig is op die gebied van finansies en wat bedrewe daarin is om die verskillende bedieninge en behoeftes van die gemeente volgens elke bediening se voorafbepaalde begroting te bestuur. Daar rus ‘n groot verantwoordelikheid op hulle skouers om die finansies van die gemeente met groot noukeurigheid en deursigtigheid te bestuur, sodat ons as gemeente se goddelike doel nl. om die koninkryk van God hier op aarde uit te brei, vervul kan word.
Leonard Denysschen


Gasvryheidsbediening
Doel:
Om deurdiens te doen voor die oggenddiens en om gemeentelede van inligtingsblaadjies te voorsien en lidmate te verwelkom.
Verder help die bediening ook met teeskink na die eredienste, lidmate met die gawe van blommerangskik voorsien ruikers vir spesiale geleenthede in die erediens en die baksters onder ons bak beskuit vir ons lekker saamkuier op Sondae na die erediens.
Ons doelwit is om deur interaksie met die nuwe intrekkers, HARTIES NG GEMEENTE hulle ware GEESTELIKE TUISTE te maak, sodat hulle by al die aspekte van die gemeente betrokke sal raak.
Angie van Tonder
Gebedsbediening:
Wat behels die bediening?
Gebedsbewustheid: Om ‘n gebedsbewustheid te kweek by mense met die doel om die hele gemeente te mobiliseer om te bid.
Gebedsinligting: Om gebedsinligting deur te gee.
Gebedsopleiding: Om geleenthede aan te bied om elke lidmaat toe te rus.
Gebedsgeleenthede: Die skep van geleenthede waartydens gemeentelede saam met ander medegelowiges kan aanbid.

Fokus:
Om te begin bid, sodat God se krag vrygestel kan word, sodat mense se pyn en nood verlig kan word, geweld en misdaad kan afneem en mense God kan leer ken.
Werksaamhede:
Gebedsversoeke word deur middel van die Poortbode aan die gemeente deurgegee.
Voorbidding vind voor en na elke erediens plaas.
‘n Krisisgebedslyn is beskikbaar vir dringende krisisgebede.
Klein bidgroepies vergader weekliks om vir die gemeente te bid.
“Gebedskild” vir die leraarspaar op ‘n weeklikse basis.
Kontakpersoon na die gemeente vir gebedsversoeke: Wendy Barnardo
Heilsmuur van gebed: vier en twintig mense per weeksdag bid rondom spesifieke gebedstemas.
Doelwitte:
Dat die gemeente opgebou en toegerus sal word tot “’n Huis van Gebed ”
Dat gebed die hoofvereiste moet wees van elke beplanning of saak van elke bediening en in die hele gemeente.
Dat elke lidmaat die nodige gebedstoerusting sal ontvang om bidvaardig te wees.
Rika van Rooyen

Mannebediening
Die manne kom regdeur die jaar op Vrydae, behalwe tydens Desembervakansie, om 6:00 in die oggend bymekaar. Daar word koffie gedrink en dan diep in die Woord gedelf om God se wil vir hulle persoonlike lewens, maar ook vir die gemeente te soek. Alle manne is welkom – dit is waarlik ‘n toerusting– en groeigeleentheid wat nie misgeloop mag word nie.
Ander groeigeleenthede, soos mannekampe, ontbyte met ‘n spreker, knipmesbraai, gholfdae ens., word ook deur die loop van die jaar aangebied.
Anton Gerber
Kleingroepbediening
Ons primêre doel is die verheerliking van Jesus Christus, die saamkuier en die delf in die Woord van God.
Groepe word spontaan gevorm deur of die geografiese ligging van lidmate of vriende of ouderdomsgroepe wat mekaar ondersteun en versorg. Die groepe kom weekliks op ‘n tyd, wat almal pas, aan huis van een van die groeplede bymekaar.
Die groepe vorm deel van die groter gemeente se visie en werk daartoe om selgroepe verder as integrale deel van Harties NG te laat groei.
Elke selgroep kleur self sy byeenkoms in, volgens die styl en voorkeure, wat hulle pas. Omgee na buite word ook in die meeste groepe gedoen, deur middel van projekte wat die groepe self of saam met ander groepe of saam met die gemeente, aanpak.
Christo Fourie


Jongklompkuiergroep – “L – I – F -T”
Elke Maandagaand 18:-00 – 20:00 kom ons gemeente se 20 – 40 jariges by die Jeugsentrum bymekaar. Daar word heerlik saamgekuier, soms gou ‘n ietsie saamgeëet en daarna word daar daar in diepte Bybelstudie gedoen. Lief en leed word gedeel, daar word saam geleer en gegroei en ondersteuning aanmekaar in geloof en gebed gebied. Hulle groeipunt het ontstaan vanuit Johannes 20:20:
Nadat Jesus dit gesê het, het Hy oor hulle geblaas en vir hulle gesê: “Ontvang die Heilige Gees”.
Dawie Kleynhans
Seniorbediening:
Daar word elke Woensdagoggend om 9:00 ‘n Bybelstudiegroep, wat tans deur ds. Johan de Wet gelei word, in die Jeugsaal aangebied.
Stanley Blackaller


Kuier-en-kersmark
Die mark is ‘n geleentheid waar die gemeente deur hulle gawes die gemeenskap in liefde dien en bederf. Lidmate se verskeidenheidheid gawes word gebruik binne die verskillende afdelings van die mark. Die volgende is afdelings waarbinne gawes gebruik kan word: finansies, administrasie en organisasie, skeppende gawes (dekor en versiering), bemarking, multimedia (Facebook, Instagram en die Web), spyseniering en gasvryheid.
Marianne de Wet
Uitreikbediening
Afsaal: Ons doel is om te help om God se Koninkryk op aarde uit te brei. Tans is ons betrokke by AFSAAL – ’n informele nedersetting waar ons help met die ondersteuning by ‘n kleuterskool, asook geestelike ondersteuning en versorging aan die volwassenes. Ons het ‘n voltydse evangelis, Sina Rabaji, wat op ‘n daaglikse basis by verskillende plekke in Hartbeespoort betrokke is met die verkondiging en bediening van die Evangelie.
Jan Swartz


Vrouebediening
Die vrouebediening het ten doel om geleenthede te skep waar elke vrou in die gemeente geestelik verryk kan word en waar sy haar spiritualiteit kan uitleef. Daar is ook verskeie bybelstudiegroepe wat deur vroue gelei word en elke groep doen dit op ‘n tyd en wyse, wat by hulle behoeftes aanpas.
Marianne de Wet